In die afgelee Sneeuberge van die Oos-Kaap soek 'n groep argeoloe onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na 'n reeks rotstekeninge: 'n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle die kunswerk na 'n uitmergelende soektog vind. Hulle blydskap is egter van korte duur: 'n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewereld stuur om 'n losprys te eis. Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.