Riekie Taylor is tydelik uit die skool geskors nadat sy haar hare swart ge-dye het en boonop gevang is dagga rook. Maar dis nie al moeilikheid wat sy het nie: na haar broer se dood drink haar ma weer te veel, en is haar pa se enigste bydrae die maandelikse onderhoudstjek wat hy van iewers in Kaapstad aan Riekie-hulle op Graaff-Reinet pos. Riekie besluit om haar pa in die Kaap te gaan soek - en beland onverwags in 'n ander klein dorpie waar sy by 'n vulstasie-restaurant werk kry. Dis eers toe sy hoor dat haar broer se meisie 'n baba by haar ma op Graaff-Reinet kom los het dat sy besluit om terug te gaan, om die lewe wat sy agtergelaat het in die oe te kyk, probleme en al.