Sarah is vreeslik voorstedelik - al het sy 'n lyf wat skrik vir niks. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man in sy middeljaarkrisis is, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan.