BookfellersBeta
Brandmerk

Brandmerk

Christelle van Rooyen-Wessels

2021

Genres: Mystery

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè. ’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor. Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean – eens Francke – waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige. Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Write a comment/review

Help readers support local bookshops in their community.

Reader's Voices
Reader's Voices

Honest reviews and recommendations from fellow readers.

Join a club
Join a club

Connect with readers who share your interests.

Reading and clubs made for younger bookworms.

Real stories, ideas and expert insight.

Lose yourself in stories worth sharing.

eBooks
eBooks

Read anywhere, on any device.

Bookfellers rewards
Bookfellers rewards

Exclusive offers and perks for members.

Exclusive savings