Sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. Daar’s ’n trigger-happy afperser uit sy verlede, sy pasiënte haak almal uit, en sy dirty little secret maak hom kriewelrig. Boonop irriteer sy gay eksvrou se verhoudingsprobleme hom. Op Bella, sy jong Portugese vrou, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe? Hierdie ironiese blik op intieme verhoudings en eksistensiële krisisse, uit die oogpunt van verskeie karakters, is vol kinkel-eindes. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .