Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.