Wanneer Sean Courtney van 'n jagtog af terugkom, loop hy hom vas in die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se haat en - bowenal - Ruth Friedman. Ruth slaan sy voete onder hom uit. Vurig, jonk en ...'n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se vriend en beskermling in die oorlog! Wilbur Smith neem die leser tot midde-in beroemde gevegte en kleiner skermutselings. Teen die agtergrond voer Sean 'n persoonlike stryd om oorlewing, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.