In Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man wil skei. In Skaduwees van gister veroorsaak nuwe maatreels dat matrone Anmar Cloete se pos oorbodig raak. Boonop word haar gewese verloofde as ’n nuwe dokter aangestel. En in ?Plekkie in die son?, word Karen Viljoen melaats verklaar. Die oordeel dryf haar tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde die vuurproef deurstaan?