In ?Eiland in die son? moet Willemien in 'n tropiese oerwoud oorleef terwyl sy wonder waar haar verloofde homself bevind. Andrea Smit ontmoet 'n aantreklike Spanjaard in Senor die seerower?. In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van 'n soektog na water in Saoedi-Arabie se grootste woestyn. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.