Drie van Ena se heel beste liefdesverhale: In Waters van Siloa wend Petra Prinsloo haar tot die beroemde plastiese chirurg Klaus Wagner met die opdrag: Maak my beeldskoon. In Rabbedoe van Rietkuil is Wynand Hechter se nuwe plaasvoorman toe al die tyd 'n "voorvrou", Nicolette Bezuidenhout. En in En die verlange bly trou die sosiale vlinder Wouda Kellerman met Nak nadat die resessie haar ouers in armoede gedompel het, en nou le sy snags wawyd wakker op sy wildplaas ...