Kalli Krynauw se werk as forensiese psigofisioloog behels dat sy moet vasstel of 'n getuie die waarheid vertel of nie. In Gekoopte leuens bevind sy haar op 'n luukse-oord in die beboste klowe van die drakensberge in Mpumalanga naby Peligrimsrus. Na 'n spoggerige onthaal word sy die volgende oggend wakker, steeds bedwelm van die vorige aand. Dis duidelik dat haar drank gedokter was, daar is bloed aan haar aandrok en sy vind uit dat haar suster, Madelein, verdwyn het. Madelein is 'n bekende model en die 'gesig' van Papillon, die skoonheidsreeks wat in die laboratorium op die terrein van die oord vervaardig word.