Gerrit Brand is op 43 jaar op Stellenbosch oorlede. Dit was talle mense se waarneming dat die openbare gesprek in Suid-Afrika, en dan spesifiek in Afrikaans, 'n formidabele openbare intellektueel verloor het. Ten tye van sy dood was hy 'n sistematiese teoloog aan die Universiteit Stellenbosch. Hy was 'n oorspronklike en kreatiewe teoloog wat die gawe gehad het om sy gedagtes helder te formuleer en sorgvuldig te beredeneer. Hierdie bundel gedenk die lewe en werk van Gerrit Brand deur 'n aantal huldeblyke en 'n keur uit sy skrywes byeen te bring.