Rudyard Kipling se stories oor diere en hul manewales vermaak lesers al jare lank. Nou bied Ladybird ook aan jong kinders die geleentheid om die kaskenades mee te maak. Ontmoet die knorrige renoster, die honger luiperd, die nuuskierige olifantjie, die walvis met sy snaakse keel en al die ander eksentrieke karakters van Kipling se Just So verhale, vergesel van boeiende detailtekeninge. In eenvoudige taal vir Afrikaanse kinders oorvertel deur Daniel Hugo.