Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy soek ook na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnige en feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring, en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop - sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar omdat sy hallusineer weens slaaploosheid? Leon van Nierop is 'n meesterskepper van spanningverhale en Insomnia sal die leser enduit boei.