Henry is ietwat aan die lywige kant, daarom dat van die ander ouens in Graad 9 hom spottenderwys Koning Henry noem. Hy voel vere vir rugby en krieket - tot sy pa se ewige misnoee. Maar rekenaars is 'n ander saak! Op daardie gebied stof hy al sy skoolmaats uit. Een van Henry se lekkerste tydverdrywe is om laatnag van die een chat room na die volgende te surf op die Internet, op soek na iemand by wie hy aanklank vind. Een aand glimlag die geluksgodin vir hom: nie alleen maak die geheimsinnige Wolf weer sy verskyning nie, maar daar is ook 'n nuwe ou wat Henry se taal praat.