PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus.