'n Houtkapper met 'n rustelose siel. 'n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop. In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. 'n Man en sy dier-broer. Saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word.