Bookfellers
Laaste Kans

Laaste Kans

Marita van der Vyver

2023

Genres: Literary Fiction

Dis ’n outydse kleurfoto op glanspapier, ’n buigbare, skeurbare, opfrommelbare voorwerp uit ’n era voordat almal hulle herinneringe op slimfone bewaar het. Dit was die laaste keer dat hulle almal saam gekuier het . . . ’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie. Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

Write a comment/review

Exclusive savings