Dit is September 1939, New Zeeland. In die doodsnikke van die pas afgelope winter en te midde van die dreigende oorlog in Europa, kom twee geliefdes vir oulaas bymekaar voordat hulle afsonderlik na die oorlogsfront sal vertrek. Kevin Welsh, ’n voetsoldaat, en Helen Townsend, ’n mediese Suster van Tekapo, ontdek die wonder van hul liefde die aand voordat die jong man vir die oorlog moet aanmeld. Herinneringe aan hierdie passievolle nag volg die twee verliefdes regdeur die verhaal tot aan die einde van die oorlog, waarna nuwe uitdagings hul pad weer kruis.