Die omnibus bevat drie lieflike verhale oor gesinne: ouers en kinders; broers en susters. Brenda begewe haar op ’n pad van persoonlike intrige wanneer sy haar pas geskeide suster moet ondersteun in ?Ploeg die wolke. Ansje word haar gewese skoonsuster se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Regina se drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is gekant teen hul ma se nuwe vriend in ?Die stille roep.