Maanschijnbaai: Jo & Sue is die eerste boek in 'n tweeluik en vertel die storie van die vier wilde Calitz-vroue, wat die eksentrieke Casper Calitz se erfgename is. Jo erf die liederlike kasarm van 'n huis, Sue erf die pienk Cadillac, Jeannie erf sy boekery en Nan erf die esoteriese winkeltjie. Hulle besluit om die huis te restoureer en haal daarmee die gramskap van die plaaslike gemeenskap op die hals. As hulle die kasarm leefbaar kan maak, kan Casper se nalatenskap hulle in staat stel om van die onlangse verlede te vlug.