Zialee bevind haar in 'n onhoudbare situasie. Sy woon so te se in een huis saam met die man wat sy begin liefkry en sy broer, aan wie sy eenmaal so na was as wat 'n man en vrou maar kan kom. Erger, haar gewese geliefde is intussen getroud en hy en sy vrou het 'n baba.