Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die voormalige kriminele oorgaan van 'n lewe van misdaad na die van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wie vir hulle soek nie. Maar sy't nog nooit 'n getuie soos Daniel Enslin teegekom nie.