'n Heruitgawe met 'n nuwe omslag van dié onvergeetlike verhaal van liefde oor die kleurgrens in die agtiende eeu. Elisabeth Larsson vergesel haar man op 'n ontdekkingsreis na die Kaapse binneland. Wanneer hy sterf, ontferm Adam Mantoor, 'n drosterslaaf, hom oor haar. Hy word haar beskermer in lewensgevaar, en sy beloof om hom sy vryheid te help verkry.