Nataniël is op sy stukke – wéér. In dié versameling van 29 stories (5 Engels, 24 Afrikaans) neem Nataniël ons op reis na die surrealistiese wêreld van gastehuise op die platteland, lapwinkels met geen mooi lap in sig nie, ’n toonbank met die mees asembenewende olyfolie, geglasuurde, kristalhelder koemkwats en vlesige vanieljepeule, en Kersfees in klein dorpies wat lyk soos ’n mini-heelal. Verskeie van die stukke maak oorspronklik deel uit van Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: Butterfly, Lovesick Tim, Moscow, Six in a Boat, Die Smitstraat Suite, Rome ’62 en Passi Passio.