Matt Marais se nuwe buurvrou maak allerhande gevoelens in hom wakker. Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie – Matt omdat hy nog die josie in is na die verbrokkeling van sy vorige verhouding en Sasha Harold omdat sy ’n wereld van moeilikheid agter haar laat. Hoekom het sy uit die Kaap gevlug? Sal hulle nou vir mekaar ’n heenkome en veilige hawe kan bied?