Met die Anglo-Boereoorlog op hande, loop Catriona Fraser, 'n jong meisie uit die Kaapkolonie se grensdistrikte, weer vir Rudolf Dreyer van die buurplaas raak. Sy ontdek baie gou dat hy steeds die man is wat haar hart in sy hande hou. Maar wanneer sy Rudolf se onbegryplike optrede probeer verstaan, loop sy haar trompop teen 'n jarelange geheim waaroor almal wat sy ken, swyg.