Bookfellers
Ons laaste legendariese somer

Ons laaste legendariese somer

Fanie Viljoen

2024

Genres: Young Adult

‘Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie? ’Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak. Hulle sit af na Vleesbaai — ja, daar is rêrig so ’n plek — en maak ’n paar reëls vir die vakansie: • Geen bakleiery nie. • Almal doen alles saam. • En geen meisies nie. Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor … ’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen — dit alles maak ’n legendariese somer.

Write a comment/review

Exclusive savings