In hierdie avontuur kom Jamie en Tess 'n trop trikeratops teë en kry 'n saamrygeleentheid op die dinsourus se rug. Maar iets loop verkeerd en die trikeratops begin storm! Kan Jamie en Tess vasklou? Hierdie boeke is gepas vir kinders wat beginnerlesers is en kort teks en kort hoofstukke moet lees. Die teks is groot en daar is hope illustrasies waarna hulle kan kyk terwyl hulle lees.