'n Interessante en gesaghebbende nuwe vertellerstem. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin op onderbeklemtoonde wyse en in 'n elegiese toonaard temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn.