Bookfellers
Paaie Deur Die Karoo En Ander Stories

Paaie Deur Die Karoo En Ander Stories

Kobus Breyl

2022

Genres: Fiction

Paaie deur die Karoo en ander stories bevat beskrywings van Kobus en sy vrou se reise deur die Karoo en elders in Suid-Afrika, asook van ? voetslaantog in een van die mooiste dele van ons land. Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper. Die boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ? drankwinkel omskep is, ? verwaarloosde skooltjie en ? afgetakelde stoomlokomotief. In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies. Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.

Write a comment/review

Exclusive savings