Wanneer Joshu Gumbo probeer om Sonja Griessel se 4x4 te kaap, vermoor hy per ongeluk haar ouers - en verander vir ewig die verloop van hulle lewens. Tydens die mislukte kaping skuur sy lippe teen Sonja s'n en Joshua is oortuig sy het hom van sy mojo beroof. Sonja vlug uit Gauteng en gaan woon op die kus. Joshua sit haar agterna. Hulle paaie sal nog een keer kruis tydens 'n piekniek - soort van - by Hangklip.