In Bruid uit die koue wil Clio haar jeugliefde met Arnold verseel. Maar hy's in die hospitaal terwyl Clio by sy broer, Jurg, moet bly ...waar die hartstog begin smeul. In Vinkel en koljander trou Michael en Mikeila slegs omdat sy ouma se testament dit vereis. Tog raak Mikeila jaloers wanneer Cora by Michael aanle ...In Maalstroom los Wiehan se vrou, Laura, hom met hul siek kind. Sy rokkel haar suster, Mieke, se man af. Mieke bekla haar lot by Wiehan. Maar mag sy op hom verlief raak?