Dis 'n unieke boek wat 'n kollektiewe geheue ontsluit deur vertellings uit die mond van die gemeenskap. Ons verneem hoe sokker op Stellenbosch sedert die vroee 1900's informeel op voetsoolvlak bedryf is en hoe dit by uitstek 'n gemeenskapspel was. Sokker het as sport 'n kleurryke verlede op Stellenbosch gehad. Vanaf die grasvelde van Coetzenburg en die Newtons op die Markotterveld neem die vertellers ons na Bloekomlaan en Kreefgat, die Nelsons se stryd om oorlewing, die Burnleys en Gardens op Jamestown. Die inspirerende atmosfeer van die "Goue Era" herleef deur die vertellings en laat die leser onder die indruk van die besondere invloed wat sokker op families en die gemeenskap gehad het.