Alexandra Bonheur se kommervrye lewe aan die Kaap word bedreig deur die koms van die markies Edouard de Villebois en sy pleegkind, Antonio. Sy vind dadelik aanklank by die sewentienjarige Antonio. Hulle raak goed bevriend maar dit dra nie die goedkeuring van die markies weg nie. Die markies se houding staan haar nie aan nie en keer op keer verontagsaam sy sy waarskuwing om van Antonio af weg te bly. Dit skep heelwat konflik tussen haar en die markies. Om sake te vererger sien 'n ou Maleier-blommeverkoper en waarseer 'n visioen in Alexandra se hand: 'n Vrou met lang swart hare se Alexandra moet haar ander helfte soek en dat sy die stem in die wind moet toelaat om haar te lei...Intussen dui die aantreklike markies aan dat hy self in Alexandra belangstel, maar dit sluit nie 'n huwelik in nie. Hy maak haar 'n aanbod om sy minnares te word, wat sy summier verwerp. Dan herken hy die borsspeld wat sy op haar agtiende verjaarsdag dra en ontsluit so haar duistere verlede waarin beide hy en Antonio 'n groot rol speel.