Suster Leanie ontferm haar oor haweloses in die parkie digby Worcester Med, ongeag van haar verloofde, Henk, se vermanings. Sy wonder oor Lu met die blou oe en woeste baard: Waar sou sy gesin wees? Terwyl Leanie 'n skokonthulling oor Henk se verlede moet verwerk en matrone Elizna Truter se venyn moet verduur, beland Lu in die hospitaal. Nou, skoongeskeer en gesond, vertel hy sy hartseer verhaal aan haar. Sal Lu, en Leanie, weer geluk vind?