Thomas@geraamte.net is die sewende titel in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds sowat 80 000 kopiee verkoop het. Hierdie keer gaan Thomas-hulle op 'n rugby- en netbaltoer na Namibie en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig 'n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.