Na 'n liefdesteleurstelling gaan werk Mia de Villiers as 'n versorger op die eiland van Jersey. Sy kom dadelik met haar werkgewer, die weduwee Sarah de Lisle, oor die weg, maar met die se seun, Jean, sit sy vas. Jean insinueer dat sy gekom het om 'n ryk man te vang en Mia vererg haar. Dink hy sy is soos sy trofeemeisies wat deur rykdom beindruk word? Hy is uiters aantreklik, maar sy swig nie voor 'n rokjagter nie. Al blyk dit gaandeweg dat die alfaman 'n sorgsame, sagter kant het ...