BookfellersBeta
Vuurvoël

Vuurvoël

Elmarie Viljoen-Massyn

2023

Genres: Literary Fiction

Stella Mertens is ná ’n dekade in Brussel terug in Bloemfontein. In haar tas is twee belangrike items: ’n foto van haar ma soos sy was voor die kliniese studie vir skisofrenie waaraan sy ’n deelnemer was, en ’n brief van ’n fluitjieblaser oor wanpraktyke in dié einste studie, gepleeg deur Experior. Stella se nuwe werkgewer. Mark Dejongh, direkteur van Experior, is op reis uit Chicago vir ’n besoek aan hul Bloemfonteinse tak. Hulle is midde-in ’n studie waarin ’n deurbraak-salf vir letsels getoets word. Indien die studie vlot verloop, is daar reuse-kontrakte in die pyplyn. Riaan Steytler, bestuurder by dié tak, ontvang ’n boodskap dat sy voormalige pel Branko, klubeienaar in Kaapstad, op pad is om te kom kuier. Waarom, weet hy nie. Al wat Riaan weet, is dat hy dieper as kniediep in die gemors is. In Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, Vuurvoël , word donker geheime ontrafel wanneer twee oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis.

Write a comment/review

Exclusive savings