Wim Vermaak Maak 'n Plan
William Oosthuizen
2023
Genres: Young Adult
Vir Wim Vermaak is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se teateropvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want Jenny, sy blouoog-meisie van Amsterdam, is steeds in Pieter se visier en dié keer speel Pieter om te wen. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek met ’n glibberige omie in die aftreeoord wat ’n oog het vir ’n geleentheid om gemaklik te raak. Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold, haar menslike geraamte, en sy advokaat-pa moet weer die kastaïings uit die vuur krap. En tussendeur is sy tweelingsuster Maddie besig om sterflinge se sake deurmekaar te krap waar sy as haar alter ego, Puck, haar magiese Midsomernagsdroom-towerkragte links en regs laat geld. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.
Write a comment/review
Sign UpLogin