Stef Steenkamp, met wie Kato 'n jarelange platoniese vriendskap het, kom met 'n plan vorendag. Daar is reeds 'n baie spesiale band tussen hulle, want Stef se ma is tydens sy geboorte oorlede en Bea Klinge het Stef saam met haar eie babadogter, Kato, aan haar bors geneem. Volgens Stef is dit die ideale oplossing dat hulle saam 'n baba sal he en die verantwoordelikheid vir die baba se opvoeding deel. Hulle kind sal in 'n liefdevolle, standvastige omgewing grootword, want niks gaan ooit hulle vriendskapsverhouding vertroebel nie. Hulle kind sal ook nooit die trauma van 'n egskeiding beleef nie, want hulle gaan nooit die romantiese liefde en die trouding doen nie.